Werkskepping verkiesliker as bakhand

Die onvermoë van die ANC regering om werklik ekonomiese groei te bevorder, is sigbaar met die jongste aankondiging dat miljoene Rand aan werklose mense betaal gaan word, terwyl werkskepping stilstaan.

ʼn Ekonomiese adviseur van Pretoria wys daarop dat die geleentheid nou soos ʼn ryp vrug wag om gebruik te word, en een so ʼn projek moet die vestiging van baie sonpaneel plase wat duisende werksgeleenthede kan skep en die energie krisis ook nek omdraai terwyl die werkloses ook nuttig word.

Hy sê die miljoene Rand wat maandeliks uitbetaal word aan werklose mense, behoort omgedraai te word sodat die geld aangewend kan word om sonpaneel plase op te rig waar hierdie werklose mense 4 bydrae as werkers kan lewer om die energie krisis om te draai.

Die oprigtings van massiewe son-plaas skep ook die geleentheid om skoner elektrisiteit op te wek, wat uiteindelik ook teen ʼn meer aanvaarbare tarief sal wees as wat Eskom tans doen met sy steenkool lugbesoedeling stelsels. Daarbenewens is Suid-Afrika in die gunstige posisie dat hy regdeur die jaar sonkrag as energie kan opwek, en beskik oor groot oppervlaktes wat hiervoor nuttig gebruik kan word.