Wedvlug duif behaal rekord prys

Die Europese lande is bekend vir hulle goed geteelde wedvlug duiwe, en vanjaar is geen uitsondering toe ʼn eienaar van België sy duif teen ʼn rekord prys van die hand gesit het op ʼn veiling.

Die duif, New Kim, is tydens n veiling deur ʼn welvarende Sjinese koper aangeskaf toe die afslaer die bod op hom toeslaan vir $1,9 miljoen.

Duiwe wedvlugte is normaalweg ʼn stokperdjie in België en Nederland,  maar dit het heel dikwels ook goeie inkomste aan die entoesiastiese eienaars besorg.

Die duif het reeds in 2018 met die kroon weggestap (of weggevlieg) met die “Ace Pigeon Grand National” vir middel afstand vlugte.

Die voorsitter van die Wedvlug Vereniging, Nikolaas Gyselbrecht, het later gesê hy het nie gedink die duif sou so ʼn hoë prys behaal nie.

Gedurende die afgelope dekade het die stokperdjie vir talle pensioenarisse en huisvroue ʼn “beroep” geword waarmee aansienlike inkomste gegenereer word, en het die sport reeds wêreldwye belangstelling ontwikkel.