Vyftien Nasies onderteken handelsverdrag

Tien Asiatiese lande plus vyf ander lande in die streek het na vier dae van onderhandelinge, die wêreld se grootste handelsooreenkoms gevestig.

Die ooreenkoms is ook daarop ingestel om die ekonomiese terugslag weens die koronavirus pandemie, te oorbrug en nuwe groei te bevorder.

Die 15 lande in die Asië-Stille Oseaan streek het nie net die wêreld se grootste handelsooreenkoms aangegaan nie, maar ook die hoop gevestig om die herstel proses op ekonomiese gebied te bespoedig deur in- en uitvoer tariewe te minimaliseer onder die lidlande.

Die 15 lande se ooreenkoms wat Sondag onderteken is, word onder die vaandel van die “Regional Comprehensive Economic Partnership” (RCEP) bestuur, en die ooreenkoms is agt jaar nadat die eerste vergadering gehou is, onderteken.

Die ooreenkoms sluit ondermeer in die verlaging van tariewe, open meer dienste in handel, stel reëls in vir algemene handel, beleggings, ander dienste, telekommunikasie en kopieregte sal alles ondervang word as deel van die totale pakket.

Die 15 lande is Vietnam, Thailand, Filippyne, Laos, Kambodja, Mianmar, Maleisië, Singapoer, Indonesië, Brunei, Australië, Sjina, Japan, Nieu-Seeland, en Suid-Korea.