Vyftien lande wil reuse ooreenkoms bereik

Die volledige inligting word afgewag van die 15 lande wat Sondag ʼn byeenkoms gehou het met die doel om ʼn vrye handel ooreenkoms te sluit wat die grootste ter wêreld sal wees.

Die ooreenkoms betrek meer as 30% van die aarde se bevolking, en sal ook die grootste handelsooreenkoms wees.

 Die byeenkoms wat bekend staan as die Regional Comprehensive Economic Partnership (RCEP), sal minstens vier dae duur, en het Sondag in aanvang geneem.

Ingeligte bronne beweer dat gepoog word om laer tariewe te vestig en beleggins onder mekaar te bevorder

Die 15 deelnemende Asiatiese lande is bekommerd oor die VSA se “onvoorspelbaarheid” en wil gevolglik ʼn stabiele handelsooreenkoms vestig om minder afhanklik van die VSA te wees.

Handel ontleders sê die oefening is Sjina se dryfveer om sy verlore handel met di VSA te herwin deur ander lande se deelname om sy goedere te koop.