VSA verkiesing – nie alles is reg nie

Alles het nie reg verloop in die Amerikaanse presidentsverkiesing nie, en kommer het nou ontstaan oor hoeveel ander deelstate soos met Georgie, het ook duisende stemme nie getel nie.

Die 2020 presidentsverkiesing het in die deelstaat Georgie meer as 3,000 stemme nooit getel nie, en is ʼn oudit uitgevoer wat die skokkende nuus bekend gemaak het.

Tydens die hand hertel wat in die deelstaat gedoen is, is gevind dat 2,755 stembriewe nie by die oorspronklike telling in berekening gebring is nie, maar met die oudit wat daarna hedoen is, is gevind dat ʼn verdere 284 stembriewe ook nie getel is nie, wat beteken dat minsten 3,039 stembriewe nie getel is tydens die oorspronklike telling nie.

ʼn Woordvoerder van die verkiesings agentskap sê daar is gevind dat van die werkers nie behoorlik opgelei is en nie die werk volgens die vaste reels toegepas het nie, wat veroorsaak het dat baie stembriewe nie getel is nie.

In ʼn ander stemdistrik is sowat 2,600 stembriewe nie getel nie, en met dit alles in berekening gebring, kon Trump blykbaar die wenner wees in die Georgie deelstaat.