VSA aanvaar Trump se nederlaag

Alhoewel president Donald Trump dit nie in soveel woorde gesê het nie, is dit duidelik dat hy die nederlaag van die afgelope presidentsverkiesing aanvaar, met sekere voorbehoude.

Die hof beslissings het hierin die belangrikste bydrae gelewer, en die ondersteuners wat aanvanklik in groot getalle ʼn optog na die Wit Huis gehou het om solidariteit met die president te betoon, en nou vervaag het, is tekens van oorgawe.

Politieke ontleders sê die Trump bewind het egter nog nie finaal bes gegee nie, en dit is waarom Trump nog steeds weier om Joe Biden geluk te wens met sy oorwinning.

Dit is ook opvallend dat die regsverteenwoordigers van die Republikeine stil geword het nadat twee deelstate teen hulle siening uitspraak gelewer het.

Georgie se besluit om al die stemme oor te tel, kan hoogstens as prysenswaardig bestempel word, want dit word betwyfel of die telling so verkeerd kon verloop dat Trump nou die wenner kan wees.

Of Joe Biden die volle vier jaar termyn in die Wit Huis gaan wees, word in sommige kringe bevraagteken aangesien hy reeds hoog in lewensjare is en sekere tekens van sy ouderdom kan hom dwing om eenkant te gaan staan, wat beteken die Afro-Amerikaanse visepresident word dan die Amerikaanse Eerste Burger.