Voertuig kapings styg toenemend

Die grendel tyd het ook die voertuig kapers se planne in die wiele gery, maar na mate die voertuie weer meer geword het in stede en hoofpaaie, het die kapers ook begin toeslaan.

Die geleenthede om voertuie te kaap, mense ook van hulle persoonlike besittings te beroof tydens die kaping, het weer ʼn stygende tendens getoon in die afgelope twee maande.

 Die kapers se taak word ook vergemaklik noudat die motoriste onbewus is daarvan dat die kapers se meedoënlose optrede nie tydens die pandemie gestaak het om nie weer hervat te word nie.

Die dramatiese toename in voertuig kapings is deur verskeie versekeringsmaatskappye bevestig wat sê dat al meer eise ontvang word van motors wat gekaap is en die eienaars dikwels op straat gelos word.

Voertuig kapings is in die Nuwe Suid-Afrika net so alledaags as die afgryslike 55 moorde wat daagliks gepleeg word, het ʼn woordvoerder van een maatskappy gesê.

Statistieke toon dat sowat 30,000 voertuig kapings elke 12 maande uitgevoer word, wat beteken dat daar gemiddeld meer as 80 voertuie elke dag gekaap word.

Kapers verkies punte waar voertuie stadig beweeg, en slaan toe by robotte, stopstrate, en selfs by tolhekke waar voertuie genoodsaak is om te stop.