VN kry vyf nuwe regters

Regter uit verskillende lande van die wêreld is aangewys om in die Verenigde Nasies se regs afdeling diens te doen wat gesetel is in die Internasionale Hof van Geregtigheid.

Die verkose regters sal ʼn termyn van nege jaar in die amp wees, en vorm vanaf Februarie 2021 deel van die VN se 15 lede wat die internasionale struktuur tot diens sal wees.

Regters uit Duitsland, Japan, Uganda, Slowakye en Sjina is aangewys om diens te aanvaar vanaf Februarie 2021, om hulle 9 jaar dienstermyn te begin.

Die vyf regters sal gestasioneer wees in Nederland, om in die Internasionale Hof van Geregtigheid hul taak te verrig.

Drie regters wat ook kandidate was vir die gesogte pos het verloor in die stemming, en is mense afkomstig uit Nigerië, Ruanda en Kroasië.