Virus: Indiese infeksies bereik rekord hoogte

Die Indiese streek Delhi, waar die hoofstad New Delhi, geleë is, ondervind tans sy hoogste daaglikse toename in infeksies van die koronavirus.

Verslae toon dat die Indiese streek 104 sterftes en meer as 7,000 nuwe infeksies verlede Donderdag gehad het binne ʼn 24 uur tydperk, maar gegewens wat die volgende dag aangeteken is, toon ʼn veel erger situasie.

Vrydag se gegewens toon dat 44,789 nuwe infeksies in die 24 uur tyd geregistreer is, wat die totale nuwe infeksies in die land op meer as 8,3 miljoen gevalle te staan bring.

Die land se sterftes het gestyg met 547 tot 128,668 binne die 24 tydperk, en die vermoede bestaan dat die syfers nog nie die volle omvang reflekteer nie.