Virus: Franse sterftes styg steeds

Uit die Franse hoofstad Parys word berig dat die aantal mense wat in die land gesterf het weens infeksie van die koronavirus gedurende ʼn 24 uur tydperk, gestyg het tot 472 mense.

Die vorige dag was die totale aantal sterftes vir die 24 uur tydperk net meer as 550 gevalle.

ʼn Franse statistiekdiens Sante Publique France sê sowat 31,477 mense word gehospitaliseer vir Covid-19 infeksie, waarvan meer as 3,100 in die 24 uur tyd opgeneem is.

Te midde van die toestand, het Frankryk die hulp van Duitsland aanvaar en stuur die ernstige gevalle oor die grens waar hulle in Duitse hospitale behandeling ontvang.