Vier ruimtevaarders veilig by Ruimtestasie

Die Amerikaanse en een Japanese ruimtevaarders het veilig aangekom by die Internasionale Ruimtestasie na hulle reis met Elon Musk se SpaceX Dragon vanaf die VSA ruimte basis van Nasa.

Die suksesvolle koppeling by die ruimtestasie het verskeie ruimtevaart deskundiges en belangstellendes se aandag gehou, en een het gesê Elon Musk het ʼn super ster in die Ruimtereis era geword.

Die koppeling van SpaceX Dragon aan die Internasionale Ruimtestasie is nie net ʼn besondere prestasie nie, maar ook ʼn projek van uitnemendheid wat Musk geïnisieer het.

Die tuig het sy vier mense aan boort binne 27 uur veilig geneem tot by die ruimtestasie, en is dan ook die eerste reis wat deur vier mense gelyktydig daarheen geneem is sonder dat Rusland betrokke is by die lansering.