Vier ruimtevaarders in SpaceX

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr en tegnoloog, Elon Musk, het in samewerking met NASA die eerste ruimtereis met vier mense aan boord, na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer.

Daarmee is die Amerikaanse ruimtevaart in ʼn unieke posisie en nie meer afhanklik van samewerking met Rusland nie. Die reuse bydrae wat Elon Musk tot die ruimtevaart, word beskou as een van die grootste bydraes tot die bedryf vir die afgelope dekade.

Vier ruimtevaarders is met SpaceX na die Internasionale Ruimtestasie  Sondag gelanseer wat dit die eerste van so ʼn reis maak wat deur ʼn privaat maatskappy onderneem is.

Die Falcon 9 vuurpyl is vanaf die Kennedy Ruimtevaart Sentrum in die deelstaat Florida afgestuur, en die suksesvolle lansering dra drie Amerikaners en een Japannees.

Die vlug wat slegs 27 uur geduur en Maandag by die ruimtestasie aangekom het, het ʼn meer aangename rit meegebring met die nuut ontwerpte ruimte kapsule waarin die mense was wat ook outomaties aan die ruimtestasie koppel .