Versigtige optrede met gelukwense

Westerse lande waarvan die leiers anti-Trump gesind is, het nie gehuiwer om Joe Biden geluk te wens met sy verkiesing as nuwe president van Amerika nie.

Sommige lande is egter versigtig om nou reeds hul gelukwense oor te dra in die lig van die moontlikheid dat die huidige president, Donald Trump, kan slaag met sy betwis van sekere deelstate se uitslag wat die wenner finaal kan aanwys.

Die sterker ondersteuners van Trump is in verskeie Europese lande soos Hongarye en Pole, terwyl verskeie Arabiese lande ook huiwerig is om Biden geluk te wens.

Daar is egter enkele lande wat baie versigtig is, waarvan Sjina en Rusland die mees prominente lande is, gesien die gevaarlike situasie wat kan ontstaan as Trump uiteindelik in hofsake sou oorwin.

Beijing se president en Trump is nie juis mense om dieselfde vuur nie, en daarom sal die kommunistiese regeringshoof niks wil sê waaroor hy later spyt mag wees nie, en dieselfde rede is van toepassing op president Vladimir Poetin van Rusland.

Selfs die nasionalistiese Bolsonaro van Brasilië het tot hede geswyg in afwagting dat ʼn finale uitslag bekend gemaak word, en dit is merkwaardig dat Meksiko ook in afwagting is.