Verrassende getuienis in Kommissie

Die Kommissie van Navraag in beweerde Staatskaping moes die afgelope week nog skokkende getuienis aanhoor dat die Staatsveiligheid se Adjunkminister Zizi Kodwa en nog ANC beamptes voordeel gekry het uit verdagte betalings.

Volgens die getuienis wat gelewer is, is betalings van soveel as R325,000 ter sprake wat van ʼn beweerde sakeman, ene  Jehan Mackay ontvang is.

Forensiese deskundige, Steven Powel het ook verwys na Kodwa wat dosyne kere verdagte betalings sedert 2015 ontvang het.

Die getuienis wat gelewer is, dui daarop dat die korrupsie reeds vir ʼn dekade lank geduur het, en waarnemers sê as die getuienis korrek is, is daar nog baie ander gevalle wat nog nie bekend is nie, en wat in sommige gevalle dalk nooit bekend gemaak sal word nie.