
Gebakte nagereg met room, vla of roomys, is altyd welkom. Selfs waar daar ‘n boufet ete aangebied word, is daar altyd ‘n gebakte nagereg.
Rhoda se Heerlike poeding
Klits saam:
½ kop suiker
1 ekstragroot eier
Voeg die volgende bestanddele by en meng goed:
Sif saam:
1 kop koekmeelblom
Knippie sout
1 t bakpoeier
Maak aan met 1 kop melk:
2 e appelkooskonfyt
** skoonsus skryf dat sy graag 3 – 4 opgehoopte eetlepels appelkooskonfyt gebruik)
1 ½ eet asyn
1 t koeksoda
Meng tot gladde beslag en skep in ‘n gesmeerde langwerpige / vierkantige tertbak en bak dit in ‘n voorafverhitte oond van 180°C vir 35 – 40min..
Maak intussen die sous aan wat bo-oor die gebakte nagereg gegooi word sodra dit uit die oond gehaal word.
Kook saam:
1 kop melk
1 kop water
125g botter
1 kop suiker
Voeg heel laaste die 1 t vanielje geursel by.
Prik die gebakte nagereg met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi die stroop versigtig oor. Dit is ongelooflik hoe hy die sous opdrink!
Bedien warm of koud …………………. met ‘n skeppie roomys of net so afgerond met room of vla! Rond die nagereg bakkie af met ‘n bloedrooi glanskersie en ‘n kruisementblaartjie!
Nuutste kommentaar