Tussen verkiesings sonder belangstelling

Nagenoeg 600,000 mense kon gaan stem in die reeks tussenverkiesings wat Woensdag gehou is, en wat weinig belangstelling by kiesers gewek het.

Die verkiesing was so oninteressant en het min belangstelling gewk toe verneem is dat kiesers wat wil stem, ook hulle eie pen moes saambring.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die verkiesing was vry en regverdig asook ʼn veilige gebeurtenis, en die 40 deelnemende politieke partye het glo nie verskil oor die inligting nie.

Sowat 440 kandidate het aan die verkiesing deelgeneem en daarvan was 19 persone onafhanklike kandidate.

Die Verkiesingskommissie se woordvoerder, Sy Mamabolo, reken die verrigtinge het goed en sonder enige noemenswaardige voorvalle plaasgevind te midde van ernstige inperkings op begroting.

Intussen is verneem dat daar slegs een voorval was van die 90 stem distrikte waar onrus ontstaan het, en dit het in Soweto gebeur omdat die inwoners kwaad is weens die sesmaande lange ontbreking van elektrisiteit.