Terugslag vir Nasionalisme

Die jaar 2020 sal waarskynlik onthou word vir twee van die belangrikste veranderings wat plaasgevind het om die wêreld te verander.

Die Covid-19 pandemie het die ganse leefstyl van die wêreld omgedraai tot een van ʼn nuwe omgewing wat byna die indruk laat van ʼn algehele liefdeloosheid onder die mensdom.

Maskers, gegroet met ʼn stewige handdruk of welmenende soen, die wegstaan van mekaar, is van die kulturele vestings van die ganse mensdom wat deur die koronavirus versteur is.

Die virus het ook meegedoen om die regerings van talle lande omver te gooi en alternatiewe regerings in plek te stel.

Die jaar sal onthou word vir die tydvak waar nasionalisme moes plek maak in menige state van die wêreld vir die sosialisme wat voorheen tot ondergang gedoem is.

Die Slag van Amerika was die grootste oorwinning van die sosialisme oor nasionalisme, en is saam met talle lande soos Bolivia, Argentinië, Kanada, Australië, en Frankryk die state wat sal poog om die sosialisme te laat slaag in die Westerse wêreld.

Asof dit nie genoeg beklemtoon kan word nie, is daar een aspek wat nie geïgnoreer mag word nie, en dit is dat die ontevredenheid van kiesers oor hoe hulle politieke leiers die koronavirus pandemie bestuur het, die grootste enkele bepalende faktor is wat die krag van nasionalisme tydelik oorwin het.