Terroriste leier sterf in aanval

Die Franse Weermag sê sy magte het die mees senior Al-Kaïda vegter gedood in ʼn militêre operasie in die noordoostelike deel van Mali.

 Die terroris, Bah ag Moussa, was die leier van die terroriste beweging wat veg in die Noord-Afrika vleuel van die kontinent, en was bekend vir sy roekelose uitbuiting van burgerlikes.

Die Franse Minister van Gewapende Magte, Florence Parly, het bekend gemaak dat die terroriste leier deur die Franse Militêre Mag in die land gedood is tydens ʼn verwoede aanval op ʼn terroriste basis waar die leier hom bevind het.

Minister Parly sê die terroriste onder leiding van hulle leier in Mali is verantwoordelik vir talle aanvalle teen Mali burgerlikes en internasionale vredesmagte.

Die terroriste leier Moussa is op die Amerikaanse lys van gesoekte misdadigers, en word beskou as ʼn belangrike deurbraak teen die beweging wat met die dood van hulle leier ʼn swaar terugslag ondervind.