Skoonmaak van Ruimte rommel begin

Die Europese Ruimte Agentskap betaal miljoene euro om ʼn begin gemaak te kry sodat ʼn groot klomp “ruimte rommel” opgeruim kan word.

Gesaghebbendes wys daarop dat duisende satelliete wat lank reeds nie meer in gebruik is nie, steeds wentel om die Aarde, en word ʼn bedreiging vir ruimtevaart reise.

ʼn Switserse maatskappy is aangewys om die eerste skoonmaak projek aan te pak om die Aarde en sy omgewing in die ruimte te beveilig.

Die ooreenkoms met die Switserse maatskappy bel;oop $102 miljoen en die maatskappy, ClearSpace, glo hulle kan in 2025 ʼn spesiale ruimteskip stuur om die eerste skoonmaak aksies uit te voer.

Die eerste “gevaarlike” voorwerp wat verwyder sal word, is ʼn wentelende voorwerp van 112 kg, wat ook as grootste uitdaging beskou word, maar wat ook ʼn ernstige gevaar vir ruimtereise kan word.

ʼn Woordvoerder sê die beste voorbeeld is miskien om daaraan te dink hoe gevaarlik die oseane sou wees as al die skepe wat ooit gevaar het, nog steeds op see is. Dieselfde kan dus van die ruimte gesê word, veral as in ag geneem word dat daar honderde satelliete om die aarde wentel, waarvan baie in onbruik is.