Sjinese kommunisme word vreesaanjaend in HK

Die nuwe wet wat deur Sjina op Hong Kong afgedwing is, het nou vir die stad se pro-demokratiese inwoners ʼn bron van vrees geword met die jongste arrestasie in die stad.

Een van die voormalige pro-demokratiese parlementslede sê hy en ander is gearresteer omdat hulle n verrotte plant en vloeistof gedurende Meimaand gebruik het in hulle optog van verset teen die nuwe wette wat meer mag aan die polisie gee om betogers vas te vat.

Die arrestasie het gevolg nadat Sjina beweer het die pro-demokrate het die Sjinese benadeel tydens ʼn openbare debat.

Die drie pro-demokrate wat gearresteer is, sê in ʼn sosiale media verklaring dat hulle die afgelope week gearresteer is vir een of ander oortreding van die kommunistiese wette gedurende Meimaand vanjaar.

Hulle sê die arrestasies is die jongste voorval in ʼn lang reeks van arrestasies wat die afgelope maande gedoen is, en vir elke arrestasie is daar ʼn rede aangevoer wat geen sin maak nie.

Die polisie sê die drie is gearresteer omdat hulle ander mense kon seergemaak of benadeel het.