Sjina stuur gelukwense vir Biden

Onbevestigde berigte lui dat Beijing sy diplomate geraadpleeg het om die toestand en uitslag van die verkiesing te evalueer in die VSA aangesien die finale uitslag nog nie aangekondig is deur die VSA verkiesings Agentskap nie.

Te midde van die onsekerheid wat heers, het Beijing sy stilswye laat vaar en die verkose Joe Biden meer as ʼn week na die verkiesing geluk te wens terwyl daar nog onduidelikheid is oor die uitslag en stem tellery nog nie finaal afgehandel is nie.

Die VSA sit in afwagting om te sien wanneer aangekondig gaan word dat die president, Donald Trump, verslaan is deur die Demokrate se Joe Biden.

“Sjina wil sy gelukwense oordra aan mnr. Joe Biden en Me. Harris”, sê die woordvoerder van die Sjinese president.

Die gelukwense van Rusland se president, Vladimir Poetin, is egter nog uitstaande, en sal waarskynlik eers uitgereik word wanneer groter sekerheid verkry is oor wie werklik gewen het.