Seldsame pienk diamant haal rekord prys

ʼn Baie besonderse en uiters seldsame persagtige-pienk diamant is die week verkoop vir $26,6 miljoen by ʼn veiling wat deur die Huis van  Sotheby Geneva aangebied is.

Die wonderlike steen wat in Rusland gedelf is, is ʼn 14.83 karaat ovaalvormige diamant is beskryf as “die ware wonder van die natuur”.

Die besondere steen se geskatte waarde is meer as $23 miljoen maar is uiteindelik vir heelwat meer verkoop.

 Die persagtige piek diamant se verkoop het ʼn nuwe wêreldrekord opgestel vir piek diamante van die spesifieke aard en word in die jongste tyd hoog aangeslaan vir hulle gewildheid en omdat dit 4 seldsame steen is wat nie aldag ontgin word nie.