SA se geld vlug

Dit is nie net die verlies aan kundiges wat die land raak nie, maar ook die aansienlike bedrae geld wat die land verlaat.  Ekonomiese kenners soos Dawie Roodt en Magnus Heysteck het reeds die afgelope jare beleggers aangeraai om hul geld in die buiteland, en in buitelandse eenhede soos die Dollar, Pond of Euro  te belê. 

Tans kan enige persoon ‘n maksimum van R1 miljoen van sy geld per jaar oor  skuif of belê in oorsese fondse sonder enige toestemming van SAID. Indien bedrae tussen R2 en R10 miljoen geskuif wil word moet belasting klaring verkry word van SAID.  

Self die verkryging van ‘n buitelandse bankrekening blyk nie ‘n groot probleem te wees nie aldus Tim Powell by Sable Internasionaal. Beleggers raak al hoe meer bekommerd dat die Rand as geld eenheid dieselfde pad gaan loop as die Zimbabwe dollar.