SA koop in op virus entstof verspreiding

Die Suid-Afrikaanse regering het R500 miljoen betaal om deel te neem aan die Covax program wat daarna streef om entstof te voorsien aan die laer en middel inkomstegroepe.

Die Covax program wil glo verseker dat Covid-19 entstof wat voldoen aan die immunisering vereistes, aan die minder bevoorregtes voorsien sal word.

Die inligting is pas deur die Minister van Finansies, Tito Mboweni bekend gemaak, en Bloomberg wys ook daarop dat Mboweni ook gesê het hy sal ʼn verdere R4,5 miljard vind uit die begroting om te verseker Suid-Afrika het ʼn voldoende voorraad koronavirus entstof beskikbaar.

Onbevestigde berigte lui dat die Internasionale Covax alliansie reeds $2 miljard bekom het om sowat 700 miljoen dosisse Koronavirus entstof te kry, en meer sal binnekort bygevoeg word.

 Mboweni sê Suid-Afrika is in die gelukkige posisie dat hy deur die internasionale struktuur genooi is om deel te wees van die Covax program ten einde regverdige verspreiding van entstof te verseker.