SA kan nie tweede pandemie dra

Die brose ekonomiese stand van Suid-Afrika sal nie nog ʼn Covid-19 pandemie kan dra nie, maar sal sekerlik ʼn totale ineenstorting meebring wat algehele chaos sal beteken.

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, is glo ook van mening dat die land nie ʼn tweede pandemie sal deurstaan nie,  en daarom moet met verantwoordelikheid opgetree word.

Ekonome is dit eens dat die Suid-Afrikaanse ekonomie, wat in sy swakste status verkeer sedert republiekwording, nie aan die pandemie alleen toegeskryf kan word nie.

Die land is immers voor die ontstaan van die koronavirus krisis, reeds deur verskeie graderings agentskappe tot rommel status verklaar.

Die resessie was ʼn jaar gelede al ondervind, en die korrupsie het jubelend voort gewoed, wat net verder gevoer is toe mense hulle hande op die Noodhulp Fonds gelê het.

Nog ʼn drie tot vyf maande grendel tyd sal nagenoeg 70% van die sakesektor vernietig, sê finansiële deskundiges.