SA Covid-19 status

Terwyl die Westerse wêreld gebuk gaan onder die aanslag van ʼn tweede pandemie, is Suid-Afrika nog nie so betrek nie, alhoewel ʼn skerp styging van nuwe infeksies reeds in die Oos-Kaap ondervind word.

Die jongste beskikbare statistiek toon dat byna 5 miljoen van die land se 60 miljoen mense getoets is teen moontlike infeksie, en dat ʼn totaal van byna 740,000 positief getoets het.

Sowat 680,000 het reeds herstel, wat beteken dat daar nog 60,000 mense infeksie het, maar kenners wys daarop dat daar moontlik nog 200,000 infeksie gevalle is uit die miljoene mense wat nog nie getoets is nie.

Byna 20,000 mense het gesterf weens infeksie van die Covid-19 koronavirus, en volgens statistiek is 1,372 nuwe infeksies vir die 24 uur tydperk aangeteken.

Die gegewens is soos gereflekteer word op Sondag 8 November, en die geringe afwykings is bloot om die leesbaarheid daarvan meer gemaklik te maak.