Rusland tree op as vredemaker

Die president van Rusland het beveel dat sowat 2,000 Russiese troepe en 380 voertuie na die oorloggeteisterde gebied in Aserbeidjan gestuur word om as vredemakers te waak dat hernude gevegte nie weer losbars nie.

Die optrede van Rusland volg nadat Armenië en Aserbeidjan onder toesig van Rusland, ʼn vredesverdrag onderteken het.

Die ooreenkoms is so omvangryk dat selfs Rusland ingesluit word as een van die lande wat onderneem om hom by die ooreenkoms te hou.

 Die gebied Nagorno-Karabach wat hoofsaaklik deur Armeniërs bewoon word, maar binne die grensgebied van Aserbeidjan is, het gelei tot die konflik wat uiteindelik oorlog status bereik het, waarna Rusland sterk opgetree het om te verseker dat die gevegte stop en vrede gemaak is.

Rusland stuur ook saam met die honderde voertuie, 90 gepantserde personeel na die bergagtige streek waar Aserbeidjan belangrike gebiede oorwin het teen die Armeniërs.