Rusland laat twee vegters vrede maak

Leiers van die twee lande wat twis oor die Nagorno-Karabakh gebied, het deur middel van die Russe se diplomasie, tot ooreenkoms gekom om vrede te maak.

Die vredesooreenkoms tussen Armenië en Aserbeidjan het in die teenwoordigheid van Russiese diplomate en president Vladimir Poetin, ʼn vredesverdrag onderteken.

Die beëindiging van militêre konflik word gesien as ʼn deurbraak wat met Russiese diplomasie bereik is, maar of die ooreenkoms staande gaan bly, is nie ʼn uitgemaakte saak nie, sê politieke ontleders.

Armenië het in ʼn verklaring gesê hy het die vredesooreenkoms met Aserbeidjan en Rusland onderteken sodat die oorlog gestaak kan word.