Regse partye groei in Brasilië

Politieke partye wat die huidige president van Brasilië ondersteun, het swak gevaar in die plaaslike owerheid verkiesings, en die linkse opposisie het klaarblyklik nog swakke gedoen.

Die linkse Werkers Party het gesukkel en het talle plekke baie swak gevaar, maar die gematigde regse partye, sowel as die nasionalistiese party het sterk gegroei in groot dele van die land.

Kiesers het met die stemming getoon dat hulle president Bolsenaro teregwys deur nie hulle volle steun aan hom te gee nie, maar wel ander regse partye is gesteun.

In stede soos Sao Paulo het die president aansienlike steun verloor, en ander regse partye het sterk gegroei, wat ʼn aanduiding is dat die president nie in voeling is met die volkswil nie, het politieke ontleders later gesê.