Ramaphosa wil SA die week inlig

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, beplan om iewers gedurende die week weer op die TV kassie te verskyn om die nasie in te lig oor nuwe verwikkelinge.

Meningsvormers is van oordeel dat Ramaphosa gaan probeer verduidelik waarom die algehele opskorting van koronavirus maatreels nie nou gedoen kan word nie.

Hy sal waarskynlik ook syfers vrystel van wat alles gefinansier is uit die Covid-Noodfonds, en hoeveel geld aangewend is.

Die president moet ook in die week in die parlement verskyn waar hy weer onderwerp sal word aan mondelinge vrae van opposisie partye wat oor ʼn wye reeks onderwerpe meer inligting vereis.

Intussen is daar politici wat bekommerd is oor die Zondo Kommissie se voortgang terwyl die arrestasies nie vinnig genoeg gedoen word nie.

Daar bestaan onsekerheid onder mense oor wat die situasie is met korrupte ANC werkers wat betrokke is by die bedrog met die Covid-Noodfonds, en die verwagting is dat die ANC president behoorlik geroskam gaan word as deeglike en sinvolle antwoorde sou ontbreek.