Ramaphosa sê niks nuut

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa het Woensdagaand (11 Nov) ʼn toespraak gemaak wat op TV kanale, die radio en op die sosiale netwerk gehoor kon word.

Terwyl almal in afwagting gesit en luister het na die redevoering, het dit gou duidelik geword dat alles wat gesê word, ʼn herhaling van vorige toesprake is.

Die opheffing van streng maatreëls teen alkohol verkope is waarskynlik die enigste wat as nuuswaardig beskou kan word alhoewel dit te wagte was.

Die verlenging van die noodtoestand tot 15 Desember is ook nie nuuswaardig nie, net soos wat die verlenging van gratifikasie aan werklose mense ook nie van die vorige toespraak verskil nie.

In die geheel gesien is dit 4 eentonige toespraak waarin alles wat verskeie kere gesë is, weer gesê is tot ergernis van diegene wat verwag het dat belangrike aankondigings gedoen gaan word.

Sy beroep op mense om swart te dra vanaf 23 November om te dien as teken van rou oor hulle wat gedurende die grendel tyd hulle lewens verloor het, word nie oral ewe goed ontvang nie