Ramaphosa se mislukte virtuele beleggings konferensie

Ramaphosa se derde mislukte beleggings bedel konferensie sou Woensdag 18 November 2020 om 14h00 begin. Weens die pandemie is die konferensie as ‘n virtuele  geleentheid aangebied. Tot skade en skande vir die land het die rekenaar bediener “in duie gestort”. 

Na ‘n geskarrel is e-pos verbindings opgestel na verskeie sentrums. Die grond hervormings sessie het afgeskop maar ook skielik van die “lug” verdwyn. ‘n Regering wat beleggers probeer oorreed om in ‘n land te belê wat deurtrek is met korrupsie, misdaad en stakings en nie eers die vermoë het om ‘n konferensie aan te bied boesem nie veel vertroue in by mense nie.  Tyd sal leer hoeveel geld werklik die land gaan binnekom terwyl Jan Publiek eerder sy geld onttrek en oorsee belê.

Dit is ʼn algemene verskynsel dat sommige lande beloftes maak van nuwe en groot beleggings, maar dit nie werklik nakom nie, en die enigste rede daarvoor is dat sulke potensiële beleggers nie verhoudinge wil skaad deur reguit te sê dat hulle nie belangstel om te belê terwyl stakings, misdaad, korrupsie en wanbestuur aan die orde van die dag is nie.