Ramaphosa betrek VSA sakelui

President Cyril Ramaphosa het klaarblyklik Dinsdag 10 November met belangrike sakelui en sake organisasies uit die VSA samesprekings gevoer

Die organisasies, Business Council for International Understanding en die Corporate Council on Africa sowel as die VSA se Kamer van Koop Handel het met president Ramaphosa en van sy kabinetslede vergader met die hoop om nuwe beleggers te lok.

Ramaphosa sê die samesprekings vind plaas kort voor die sogenaamde Suid-Afrikaanse Beleggings Konferensie wat later hierdie maand gehou word.

Die gebeure val saam met die moontlike leierskap verandering wat in Amerika mag kom, en sal eers duidelik word as die Trump regering sou voortgaan met hofsake in verskeie deelstate, en dit dan ook oortuigend sou wen.