President van Peru beskuldig van korrupsie

\President Martin Vizcarra van Peru staan op aanklag van omkopery waarby honderde duisende dollar betrokke is, en die moontlikheid da thy uit die amp ontslaan kan word, is glo nie onmoontlik nie.

Die Peru Kongres het met ondervraging begin teen die president, en skroom nie om ook afsetting met hom, te bespreek nie.

Die korrupsie aanklagte is egter nie al waaroor die president vervolg word nie, want beskuldigings het na vore gekom van die swak hantering van die virus-pandemie.

Martin Vizcarra het aangekondig da thy nie van plan is om ʼn geveg te begin nie, en sê hy sal die presidensiële paleis onmiddellik verlaat.

Die president en sy groot familie is egter veel gewilder by die kiesers as wat die gevoel vir die land se Kongres is, wat ontleders laat glo dat diegene wat van die prsident ontslae wil raak, met ʼn dobbelspel besig is.