Pole betrap Sjinese spioene

Gesaghebbendes in die regering van Pole sê ʼn voormalige Geheime Diens agent en ʼn Sjinese burger wat glo vit die telekommunikasie maatskappy werk, is betrap en vervolg omdat hulle vir Sjina optree as spioene.

Die inligting is vrygestel nadat die hoofstad Warskou se Distrik Hof teen die beskuldigdes uitspraak gelewer het en D. Piotr en W. Weijing se name bekend gemaak is.

Die Kantoor van die Minister van Polisie het gesê die twee is albei skuldig bevind aan spioenasie tot benadeling van die belange van die Republiek van Pole.

Die Sjinese spioenasie Netwerk is ook vroeër in die VSA en Kanada oopgevlek waar prominente persone van Sjina betrokke is, en wat summier gearresteer en steeds in aanhouding is.