Pfizer entstof 95% doeltreffend

Pfizer en BioNTec is besig om gereed te maak om hulle koronavirus entstof in gevolge die VSA regulasies goedgekeur te kry sodat verspreiding teen middel Desember kan begin.

Die twee farmaseutiese maatskappye sê hulle het geen ernstige veiligheids afwykings gevind tydens die toets periode nie.

Die finale resultate van die koronavirus entstof wat deur die bekende maatskappye ontwikkel is, toon dat na die tweede dosis entstof toegedien is aan pasiënte, dit ʼn 95% sukses en doeltreffendheid behaal het.

Die Amerikaanse en Duitse maatskappye wat gesamentlik die entstof ontwikkel het, sê dat die toetse ook getoon het dat daar geen risiko bestaan vir pasiente nie.

Die jongste resultate is gepubliseer nadat die Fase 3 toets program wat veris word, afgehandel is en nou net wag vir die Amerikaanse Voedsel en Geneesmiddel Administrasie om die stempel van goedkeuring daarop te sit, waarna verspreiding sal begin.