Peru politieke krisis vergroot

Dit is geen wonder dat kiesers in hewige protes optogte deelneem nie, want om drie keer in een week nuwe presidenmt te kies, gee genoeg rede vir frustasie.

Francisco Sagasti, ʼn bekende lid van die Morado Party in die Sentraal Amerikaanse staat Peru, sal diens doen as die land se tydelike president.

Sy verkiesing is die derde persoon wat binne een week aangewys is as president, en hy dien tot Junie 2021 in die amp nadat die Peru Kongres hom gekies het.

Sagasti het 97% van die Kongres afgevaardigdes se steun geniet, en die hoop is uitgespreek dat hy die permanente staatshoof vir die volgende termyn sal word.

 Hy is as 76-jarige voormalige lid van die Wêreld Bank uiters gewild onder die kiesers, en die protes optogte het opgehou toe dit bekend gemaak is dat hy verkies is as tussentydse staatshoof.

As konserwatiewe lid van die Kongres het hy sy linkse opponent ʼn deeglike en oortuigende nederlaag toegedien, sê sy ondersteuners  in die Kongres.