Pastoor betaal nie sy werkers

Pastoor Shepherd Bushiri wat in Suid-Afrika deur die gereg gesoek word weens beweerde korrupsie waarby R100 miljoen betrokke is, word ook beskuldig daarvan dat hy nie sy werkers betaal nie.

Bushiri se Mure van sy Jerigo is aan die tuimel, want sy personeel in Rustenburg is nog nie betaal nie, het een van die bronne beweer.

Sy regsverteenwoordiger, ene Baloyi het na wat berig word, nie op versoeke gereageer of die werkers se beskuldigings korrek is nie, en sy eiendom, Sparkling Waters Hotel, asook sy Spa, is deesdae sonder veel ondersteuners, en personeel het glo met ʼn honger maag gaan slaap die afgelope tyd.

Die pastoor wat in Malawi wegkruip vir die polisie in SA, sal waarskynlik binnekort uitgelewer word aangesien hy reeds vyf aanklagte teen hom het wat miljoene Rand se beweerde onreëlmatighede behels.