Parys kry miljoene dollar vir hulp met entstof

ʼn Internasionale organisasie wat in Parys, Frankryk gesetel is, het miljoene dollar bekom om entstof aan armer lande te lewer.

Sowat $500 miljoen is reeds gewerf deur die Parys Vrede Forum, en stel hulle ten doel om te verseker dat koronavirus entstof regverdig versprei word tussen die lande van die wêreld.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) se hoof, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het die besonderhede bekend gemaak en gesê dit is ʼn merkwaardige betrokkenheid om arm lande ook toegang tot die entstof te gee.

Die WGO hoof het sy kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat “entstof nasionalisme” mag ontstaan wat voorkom moet word, en die Parys Forum kan hierin ʼn beduidende rol vervul.

Die Europese Kommissie, Frankryk en Spanje is van die eerste lande wat aangedui het dat hulle sal bydra tot die Fonds, en het gesamentlik reeds $250 miljoen geskenk.