Orkaan Iota saai verwoesting

Talle mense het omgekom, en baie word vermis terwyl die Orkaan Iota voort woed in die Sentraal Amerikaanse gebied, terwyl groot getalle mense vlug om van die verwoestende wind en reën te ontkom.

Die orkaan het verwoesting gesaai by sy aankoms aan die kusgebiede, en het die vernietigende werk wat die vorige week met Orkaan Eta veroorsaak is, voortgesit.

Minstens nege mense het omgekom, en reddingswerkers meen dat die dodetal kan styg want baie mense word vermis, en die reddingswerk word bemoeilik weens swaar reën en vol riviere, terwyl krag netwerke ook ernstige skade opgedoen het.

Nicaragua, Honduras en dele van Colombia is die swaarste getref, en kommer bestaan dat die sterk wind, wat soms meer as 200 km per uur waai, tesame met die aanhoudende stortreën, ook grondverskuiwings en modder stortings kan veroorsaak wat meer mense se lewens in gevaar stel.