Onverwagse steun vir Outa siening

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het haar geskaar by die standpunt van Outa wat vroeër bekend gemaak het dat hy gekant is teen die vrye toelating van parlementariërs in sekere sektore, en vra dat parlementslede nie mag deelneem aan sake soos Staatskaping waarby ander parlementslede in die beskuldigings bank staan nie.

Alhoewel die edel standpunt vir menige kiesers aanvaarbaar mag wees, sê politieke ontleders dat die parlement nie so ʼn regulasie sal goedkeur nie, want dit is ʼn inperking van hulle mag as lede van die parlement.

Verskeie parlementslede is tans in die beskuldigings bank oor beweerde betrokkenheid by korrupsie, bedrog en Staatskaping, en Suid-Afrika wag om te sien watter metode toegepas gaan word om oortreders vas te vat.