Onmin in ANC geledere

Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, moes vure doodslaan nadat ‘n vertroulike dokument uitgelek het.  Die dokument van 135 bladsye wat deur  die ANC Kader Beraad opgestel is, beskuldig die Nasionale Uitvoerende Kommitteer daarvan dat die ANC  nie meer ‘n bevryding beweging is nie en dat daar weinig gedoen word om die massas se posisie te verbeter. Beskuldigings van vyande binne die party word gemaak en daar is glo neo-liberaliste wat die party beheer. 

Die waarheid is stadig besig om na die grondvlak deur te werk en die werker op straat besef dat hul posisie geensins verbeter het nie.

Ingeligte bronne beweer dat die hiërargie poog om die party bymekaar te hou om die verkiesing te wen, maar of dit sal slaag, bly ʼn onbeantwoorde vraag.