Nuwe redery eersdaags aktief

ʼn Nuwe redery, bekend as “Lift” sal eersdaags sy vlerke sprei noudat die maatskappy sy webblad opgestel het en besprekings daar gedoen kan word vir vlugte.

Die Lift redery se eerste vlugte is glo geskeduleer vir 10 Desember vanjaar, en die laam is glo gekies nadat mense gevra is om aanbevelings te maak.

Die plaaslike redery se woordvoerder sê die openbare belangstelling was oorweldigend, en 25,000 verskillende name is ingestuur.

Die drie Airbus A320 passasiersvliegtuie is gereed om op 10 Desember te begin, wat in lyn is met die begin van die Desember vakansie in die land.

Gereelde vlugte tussen Kaapstad en George sal die eerste en belangrikste roete wees wat bedien gaan word.