Nuwe HIV entstof suksesvol

Die nuwe middel wat as entstof gebruik kan word teen HIV verwante toestande, beskik glo oor die eienskap dat dit selfs voorkomend sal wees as die middel betyds gebruik word.

Die entstof sal egter as voorkomende maatreël, nie beskikbaar wees aan die publiek voordat die navorsing nie afgehandel is nie, wat nog ʼn geruime tyd sal wees.

Wetenskaplikes sê hulle het ʼn deurbraak gemaak in die voorkoming van HIV en met die gevolg van kliniese toetse bevind dat ʼn inspuiting elke agt weke effektief voorkom dat HIV opgedoen word.

Die inspuiting is nege keer veiliger as die middel wat tans mondelings toegedien word, maar talle toetse en navorsing sal nog nodig wees voor die middel bekom kan word.