Nog verkiesings terugslae vir Trump

Die Federale Hof sowel as deelstaat howe in Pennsilvanië en Michigan het die Trump-verkiesings span en sy politici se sake uitgegooi oor beweerde bedrog waarvan die bewysstukke ontbreek.

Die Amerikaanse presidentsverkiesing is gekenmerk van onaangenaamheid, erge verdeeldheid, en dreigemente van hofsake die een kandidaat teen die ander.

Dit het die einde van verlede week duidelik geword dat Joe Biden met ʼn gerieflike meerderheid die presidentsverkiesing gewen het, en dat Trump se dreigemente tot niks sal kom nie.

Beide die twee deelstate se howe het geweier om enige verdere sake van die Trump verkiesing span in ag te neem en het elke nuwe aansoek summier verwerp.

Die regsverteenwoordigers van Trump het gepoog om sekere posstemme te blokkeer, maar die howe het enige aansoek in die verband geweier, met die uitgangspunt dat alles korrek hanteer is.

Kenners reken dat die hof uitsprake Trump se kanse om te wen, finaal nek omgedraai is, en dat hy behoort te erken dat sy opponent hom gewen het.