Nog entstof is gereed

Die jongste gegewens is van nog ʼn entstof wat suksesvol getoets is en waarskynlik in sekere lande meer aanvaarbaar sal wees as ander entstowwe.

AstraZeneca se entstof is 70% doeltreffend, maar as die dosis wat uit twee inspuitings bestaan, aangepas word, is die doeltreffendheid 90%.

Die entstof wat in samewerking met die Universiteit van Oxford ontwikkel is, het egter ʼn voordeel dat dit gestoor kan word in ʼn gewone yskas en nie soos ander Covid entstof wat teen baie lae temperature gestoor moet word nie.

Kenners wys daarop dat die AstraZeneca entstof uitstekend sal wees om in die armer lande te versprei waar die verkoelings geriewe nie so doeltreffend is as in die Eerste Wêreld lande nie.

Wat die entstof besonders maak is dat n aangepaste dosis wat laer is, die immunisering verhoog na 90%, en met die eienskap dat dit in ʼn gewone yskas geberg kan word, sal die verspreiding daarvan ook soveel doeltreffender wees aangesien dit in elke land vervaardig kan word.

Die entstof sal in Desember vrygestel word aan instansies wat die inenting hanteer regoor die wêreld.