Nog een virus entstof suksesvol

Die Amerikaanse farmaseutiese maatskappy Moderna sê dat sy Fase 3 stadium se analise toon dat sy effektiewe werking van die koronavirus entstof wat ontwikkel is, ʼn 94,5% doeltreffendheid gewys het.

Die inligting is vrygestel kort nadat Pfizer en BioNTech ʼn week tevore bekend gemaak het dat hulle entstof, bestaande uit twee dosisse, ʼn 90% doeltreffendheid het.

Intussen het Rusland aangekondig dat sy Spoetnik V entstof teen die koronavirus ook 90% effektief is teen infeksie, maar kenners waarsku dat die goeie nuus ook ʼn negatiewe kant het wat betref die verspreiding van entstof wat veronderstel is om eweredig oor die helke wereld gedoen moet word.