Nog afgradering van SA ekonomie

Die graderings groep Moody’s het hul by die Fitchs groep aangesluit en Suid Afrika verder afgradeer na twee vlakke onder beleggings status.  Hul uitkyk vorentoe bly negatief.

Fitch het SA afgradeer na drie vlakke onder beleggings status asook ‘n negatiewe uitkyk op die toekoms. Mboweni het die afgradering as pynlik beskryf aangesien dit gevolge inhou vir die land se lenings koste en ‘n beperking plaas op die fiskale raamwerk.

Kenners sê hulle wonder  hoe die regering daarin gaan slaag om strukturele ekonomiese groei te bevorder, want dit is duister. Tans ervaar die land sy laagste punt van gradering sedert 1994 en met ‘n skuldlas van R4 triljoen en ‘n terug betaling van rente alleen teen R226 biljoen is die prentjie donker.

Ekonome is onseker of terugbetaling van rente alleen moontlik sal wees aangesien die planne om SA op die herstel pad te kry, nie goed lyk nie. Die kommer bestaan dat terugbetaling van rente alleen nie al is nie, want kapitale delging is uiters noodsaaklik om die jaarlikse syfer te verminder.