“Nee ek is nie jou Vriend”

Regter Raymond Zondo het in reaksie op die voormalige ANC president, Jacob Zuma, se uitlating gereageer wat vir die oud staatshoof erg vernederend moes wees.

Die regter het reguit aan Zuma gesê dat hy nooit ʼn vriend van die oud president was of is nie, en bygevoeg dat die insinuasie van Jacob Zuma “nie korrek is nie”.

Dit volg nadat Jacob Zuma in sy brief waarin hy aansoek doen dat die regter homself moet onttrek uit die Zondo Kommissie oor Staatskaping wat die afgelope week gerig is tot die Kommissie.

Raymond Zondo het by geleentheid gesê daar is geen manier dat hy hom sal onttrek uit die werksaamhede as voorsitter van die Zondo Kommissie nie, en met sy skerp opmerking teenoor Zuma dat hy nooit ʼn vriend van die oud president is nie, is nog ʼn poging van Zuma om die verhoor te vermy, finaal gekelder.

Zondo sê hy het wel twee dekades gelede sy respek betoon met die afsterwe van Zuma se een vrou, maar Jacob Zuma het nooit enige van sy familie byeenkomste bygewoon nie, wat as bewys dien dat hulle nie vriende is nie.