Merkel wens Joe Biden geluk

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, sê sy sien uit daarna om saam te werk met die nuut verkose president, Joe Biden, van Amerika.

Sy sê die Trans-Atlantiese vriendskap is onvervangbaar, en het haar volle samewerking gebied vir die Biden-regering.

Intussen het gelukwense regoor die wêreld ingestroom na Joe Biden en die Demokratiese Party terwyl geen enkele woord geuiter word oor Donald Trump se nederlaag nie.

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, was ook van die eerste leiers van Europese lande wat sy gelukwense oorgedra het aan Biden vir sy oorwinning.

Joe Biden sal ingesweer word as die 46ste president van die Verenigde State van Amerika met die Afro-Amerikaanse visepresident, Kamala Harris as die eerste vroulike persoon in die amp.